About us

 

 My goal in life is to be as good of a person my dog already thinks I am... 

~Author Unknown~ 

 

Yorkies Delamor is in Meyerspark [Pretoria,Gauteng] Suid-Afrika gelee.

Ons wou altyd ‘n yorkie van ons eie gehad het! Dit het alles met 2 yorkie “kinders” begin en het gegroei tot ‘n klein telery. Al ons Yorkie – kinders is so gaaf om hulle huis met ons te deel… Ons yorkies is nie troeteldiere in die huis nie, maar eerder familie lede.

Yorkies Delamor wil hê dat soveel moontlik mense die liefde en opregtheid van yorkies kan ervaar, dat baie meer mense se lewens verryk kan word net soos ons s’n.

Al ons babatjies word van dag een af gestimuleer en kry al die liefde, aandag en sorg wat nodig is om te sorg dat hulle intelligente en unieke persoonlikhede ontwikkel. Ons is ook daarop gefokus om lewenslange vriendskappe te vorm met nuwe yorkie eienaars.

Omdat ons ‘n klein telery is, kry al ons yorkies die spesiale aandag en liefde wat hulle verdien.

Ons Yorkies word met Nutribyte gevoed wat sorg vir ‘n gesonde, gebalanseerde dieet. Hulle word ook elke aand bederf met bietjie hoender, rys en groente.

Yorkies is ideale skoot-hondjies en is altyd bly om jou te sien en vir jou lief te wees!
 

YORKSHIRE TERRIER INLIGTING:

Ras groep: Toy

Gewig: Tot 3.5kg

Hoogte: 20 – 25 cm

Kleur: Yorkshire Terriers word swart en tan gebore en dan verander die kleure stelselmatig tot op 2 jaar.

Karakter: Die hondjies het die hart van ‘n leeu in ‘n klein pakket. Hulle is baie intelligent, maar in hulle gedagtes is hulle baie groter. Yorkies is baie sosiale hondjies, maar as hulle nie van ‘n vroeë ouderdom gesosialiseer word met ander honde nie, kan hulle baie anti-sosiaal wees. Yorkies is baie lief daarvoor om te speel, self tot op ‘n hoë ouderdom.

Hare: Die hare is lank, blink en sag. Dit benodig baie aandag en “grooming”. Indien jy nie kans sien om hulle self te groom nie, kan mens hulle laat groom [kontak ons indien jy 'n groomer benodig]. Sommige mense verkies om hulle te laat skeer, dit hang van die eienaar af.

'n Paar vrae om te oorweeg voor jy 'n yorkie aanskaf:

As jy ja kon antwoord op die vrae, dan kan jy vir jou 'n yorkie aanskaf!!

As jy enige vrae of raad nodig het, kontak ons gerus. Ons help met liefde!

 

Ons het baie afgeskaal en sal op nie meer so baie babas beskikbaar hê nie. Hou gerus die webtuiste dop of kontak ons vir meer info.
 

Ons teelhondjies is nie te koop nie!!!
 

 

The Yorkshire Terrier
~Author Unknown~


There are many little terrier dogs
Of every size and hue.
But the one I'd like to mention here
Is shaded tan and blue.
He's a cocky little devil
And he isn't any saint,
But a sappy little lap-dog
is the very thing he ain't!
He struts along the garden path
His eyes boot-button bright,
and God help any straying cat
that comes into his sight.
His owners fear no burglars
For every sound he hears,
the softest, quietest footsteps
will not pass his pricked up ears.
And if he is disturbed at night
Or danger is at hand,
he makes more of a racket
Than a fifty piece brass band!