Photo Albums

Laila


Laila is die laatlam in die mense-familie!!

Sy is 'n baie humeurige hondjie en vat nie die ander se nonsens nie!

Sy het die pragtigste kleure!



View this Album   (12 Photos)


Kiki


Kiki is ook 'n dogtertjie van Tienkie en Charlie, maar sy is bietjie ouer as Kara.

Kiki is 'n baie teruggetrokke hondjie. Sy hou van aandag, maar net as sy wil! Sy is baie lief daarvoor om soentjies uit te deel...



View this Album   (9 Photos)


Kara


Kara is 'n dogtertjie van Tienkie en Charlie.

Sy is 'n baie rustige klein hondjie. Sy is lief vir speel, maar sy eet nie saam met al die ander hondjies nie.



View this Album   (12 Photos)


Jessica


Jessica is 'n baie stil en saggeaarde klein hondjie.

Sy is mal daaroor as jy aan 'n sleutel vat en dan is sy alles behalwe stil of rustig. Sy sal jou tot aan die toon byt net om te kan uit gaan!!

Jesse het self besluit sy is al die mammas se "nanny" - sy help al die kinders groot maak totdat sy haar eie babas kan he...ons weet net nie of die ander mammas ook so behulpsaam met haar gaan wees nie?



View this Album   (6 Photos)


Gizmo


Gizmo is ons tweede jongste reuntjie.

Sjoe, maar hy was 'n besige klein kalant en stout daarby. Maar gelukkig is hy besig om meer rustig te raak.

Hy speel graag met al die "babas" van die familie!



View this Album   (11 Photos)


Cloey


Cloey is ons klein prinsessie!! Sy is te klein om babas te he, maar sy is ons almal se "favourite".

Haar humeur is baie groter as wat sy is... en sy het 'n wil van haar eie.

Maar sy is by verre die mooiste klein dingetjie!!



View this Album   (14 Photos)


Charlie


Charlie is 'n pragtige hondjie met baie lang hare. Sy hare by sy boudjies krul te mooi.

Charlie is die saggeaardste hond en as pappa neem hy sy plig ernstig op. Hy kyk altyd so mooi na die babies, veral as hulle begin buite speel. Hy sal keer dat hulle nie seer kry nie.



View this Album   (6 Photos)


Amber


Amber is een van ons oudste tefies. Sy het al 'n paar keer babatjies gehad. Sy is die "byt-monster" in die huis. As sy aandag soek, byt sy jou vingers en voete.

Amber is baie lief vir Bingo - hulle speel te lekker saam.



View this Album   (12 Photos)


Bingo


Bingo is ons nuutste toevoeging tot die familie. Hy is 'n seuntjie van Amber en Butch. Hy het alklaar al sy pappa se grille. Maar hy is sy mens-mamma se hart se punt!!



View this Album   (14 Photos)


Butch


Butch is ons oudste reuntjie. Hy is in 2006 gebore. Hy is baie donker swart en tan.

Butch het 'n pragtige persoonlikheid en soek altyd baie aandag. Sy gunsteling speeltyd is net voor etenstyd, dan speel hy met enige squeeky wat voorkom.



View this Album   (7 Photos)



Results 37 to 46 of 46   <<< Start    << Previous 12    End >>>